Dear friends,
Year’s end is always a time for celebration. Your family and friends might come together to celebrate Christmas, or maybe there’s a Boxing Day tradition, a wacky festive get together to attend, a New Year’s Eve party, or New Year’s Day brunch to cap off 2022. Whatever it may be, ‘tis surely the season to eat, entertain, and enjoy.
Here are Arina and Elodie’s favourite recipes for this time of the year. We do not promise that ALL the condensed milk will go into the tart!
Wishing all a very Merry Christmas!
Arina Fyfer
AF CONSULTING
082 745 6779 / arina@af-consulting.co.za (mailto:arina@af-consulting.co.za)
We are taking a break from 24 December 2022 – 13 January 2023.
For emergencies, please phone 087 135 0780.
FRAMBOOS-EN-ROOSMALVAVONKEL
(genoeg vir 2.5 liter)
Bestandele:
- 500 g bevore frambose
- 200 g (250ml) suiker
- 250 ml water
- 6 roosmalvablare (jy kan dit uitlos)
- 1 kg gebreekte ys
- 1 liter sodawater
- 750 ml vonkelwyn / nie-alkoholiese vonkelwyn van jou keuse
Instruksies:
- Plaas frambose, suiker, water en roosmalvablare in middelslagpot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5-8 minute of tot vloeistof met helfte verminder het.
- Verwyder van die hitte en laat afkoel.
- Haal roosmalvablare uit en verwerk bessiemengsel tot gladde puree met staafmenger.
- Plaas ys en koue stroop in groot ponsbak. Gooi vonkelwyn by en sit voor.
BEET-EN-KOMYNHOEMOES
(genoeg vir 6 – 8)
Bestandele:
- 450 g beet, gekook tot sag en gaar (sowat 8 bete)
- 400 g – blik kekeretjies (chickpeas)
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 60 ml tahini-smeer
- 15 ml heel komynsaad
- 20 ml sesamsaad
- Sap en skil van 1 suurlemoen
- 30 ml olyfolie
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- 115 g (125ml) botter, gesmelt
- Brood vir voorsit
Instruksies:
- Plaas al die bestandele behalwe die botter in die voedselverwerker en pols by hoë spoed tot gladde mengsel.
- As die mengsel te dik is, gooi in ‘n dun straaltjie nog olyfolie by terwyl verwerker loop.
- Geur goed met sout en peper.
- Skep in bakkies van jou keuse en smeer gelyk.
- Skep gesmelte botter oor pattee en verkoel in yskas vir 3 ure.
- Sit voor met warm brood.
*Wenk: Jy kan ook gebottelde beet gebruik. Dreineer dit goed en weeg dan af.
JAN BRAAI – GAMMON
Bestandele:
- 1 gammon (sowat 1.5 kg – 2 kg, kyk na jou potjie se groote)
- 1 ui, gesny
- 2 lourierblare
- 1 liter gemmerbier
- 1 liter hoender of groente-aftreksel
- Jan Braai Ribs and Wings bedruipsous of enige braai sous van jou keuse
- Kersies vir bediening
Instruksies:
- Plaas die gammon, nog in die net, binne jou potjie en voeg die uie en lourierblare by.
- Voeg by die 1 liter gemmerbier en hoenderaftreksel by.
- Maak seker die potjie se deksel van die potjie maak mooi toe, en plaas die botjie op die vuur of medium kole en bring tot kookpunt.
- As die pot tot by kookpunt kom, verwyder van hitte en laat afkoel. Gebruik jou skerpste mes en verwyder die net van die vleis en hou die vel en vet aan die kant.
- Voeg die Jan Braai of jou keuse bedruipsous by potjie en plaas terug op kole.
- Braai die gammon op ‘n oop rooster oor warm kole sodat die vet kan hard word. Dit sal net ‘n paar minute vat so maak seker jy draai die vleis gereeld om te verhoed dat dit vasbrand.
- Sit voor jou gammon en bedek met kersies.
PIESANG-EN-VLAYSKASTERT
(6 – 8 porsies)
Bestandele:
- 1 liter melk
- 90 ml vlapoeier
- 90 ml suiker
- 1 pakkie (200 g) tennisbeskuitjies
- 250 ml suurlemoensap
- 7 – 8 piesangs
- 2 blikke (385 g elk) kondensmelk
- 200 ml suurlemoensap
Instruksies:
- Maak eerste vla: Verhit melk in ‘n kastrol. Meng vlapoeier en suiker en voeg ‘n klein bietjie van die warm melk by. Meng tot pasta vorm. Voeg pasta by die warm melk en hou aan met roer tot die vla dik word. Gooi vla uit in ‘n bake n sit ‘n stuk kleefplastiek bo-op (dit keer dat ‘n vel vorm).
- Jy kan nou ‘n ronde bak van sowat 20cm in deursnee of ‘n vierkantige bak, ook van sowat 20cm in deursnee, gebruik. Doop die beskuitjies in die 250 ml suurlemoensap en pa keen lag onderin die bak.
- Sny piesangs in skywe en pak in ‘n laag bo-op, gevolg deur nog ‘n laag beskuitjies.
- Gooi al die vla oor. Pak nog ‘n laag beskuitjies, wat ook in suurlemoen gedoop is, gevolg deur nog ‘n laag piesangs bo-op.
- Meng kondensmelk met 200 ml suurlemoensap. Soos jy roer, sal die kondensmelk dik word.
- Smeer oor en plaas in yskas vir minstens 4 uur.
Would you like to be inspired? Then come spend the day with fellow Women in Business. Receive lots of teachings, advice, tips for success, motivation and yes, lots of inspiration!
YOU ARE INVITED TO THE LIVING YOUR BEST BUSINESS LIFE WORKSHOP ON 22 February 2023
Workshop for all Women In Business (Hermanus)
CLICK HERE FOR MORE INFO ON BEST BUSINESS LIFE WORKSHOP (https://af-consulting.co.za/product/business-life-workshop-22-feb/)
0 Comments